Saltonmeer

Saltonmeer

Nasa-Satellietbeeld van die Saltonmeer

Kaart van die Saltonmeer se dreineringsgebied
Koördinate:33°19′N 115°49′W / 33.317°N 115.817°W / 33.317; -115.817
Ligging:Verenigde State
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:889 km² (343 myl²)
Maksimum diepte:13 m (43 vt)
Volume:7,4 km³ (6 myl³)
Opvangsgebied:21 700 km² (8 360 myl²)
Invloei:Alamo, New, Whitewater
Nedersettings:Bombay Beach, Desert Beach, Desert Shores, Salton City, Salton Sea Beach, North Shore

Die Saltonmeer (Engels: Salton Sea) is 'n vlak soutmeer in die Inland Empire in die suidooste van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië, geleë in die Coloradowoestyn wes van die Chocolate Mountains regstreeks op die San Andreas-breuk en sowat 50 kilometer suid van Palm Springs. Die grens tussen die administratiewe distrikte Imperial en Riverside County loop dwarsdeur die meer.

Dit is die grootste meer in die deelstaat met 'n gemiddelde oppervlak van meer as 1 300 km² wat deur die New-, Whitewater-, Alamo- en 'n aantal kleiner riviere asook water uit nabygeleë agrariese besproeiingsgebiede gevoed word, terwyl geen water uit die meer afvloei nie. Die grootte van die wateroppervlak varieer as gevolg van wisselvallige neerslae.

Die meer het eers in 1905 ontstaan nadat vloedwater van die Coloradorivier in die nabygeleë Yuma in Arizona die walle van sleg geboude besproeiingskanale oorstroom en gebreek het en daarna sowat twee jaar lank na die Salton-depressie gestroom het. Die Saltonmeer is dus net soos Death Valley benede seevlak geleë. Tans is sy oppervlak 69 meter laer as seespieël, met 'n maksimale waterdiepte van 16 meter. Sy soutgehalte is met 44 gram per liter hoër as dié van die Stille Oseaan (35 g/l), maar laer as dié van die Groot Soutmeer (met tussen 50 en 270 g/l).

Aangesien die water vinnig verdamp uit die Coloradorivier in die warm woestynklimaat, bou steeds hoër soutkonsentrasies op. Die soutgehalte styg tans jaarliks met sowat een persent.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search